Nadat Jesus gedoop is deur Johannes, was Jesus die woestyn ingelei om daar versoek te word. Alhoewel Jesus God se Seun was, het God Hom ook eers getoets om te kyk of Hy betroubaar is om op te staan in diens tot God. Jesus was gehoorsaam in alles wat Hy moes kom doen op aarde. Hy was God se Seun, so dit was nie nodig dat Hy gedoop moes word nie. Johannes het nie waardig genoeg gevoel om Jesus te doop nie, maar tog het Jesus vir hom gesê: "Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul" (Matt 3:15) En so was Jesus gehoorsaam tot die dood toe.
Ek het verduidelik dat HG leer dat ons eers knegte van God moet wees. As God ons betroubaar vind, roep Hy ons op tot diens. Nog 'n belangrike aspek hiervan is dat ons deur God geleer moet word, nie deur die wêreldsisteem nie, want dan gaan ons diens doen vir die wêreld en onsself en nie vir God nie. Ons moet afgebreek word tot nederigheid en tot alle oorgawe en afhanklikheid van God.
As ons deur die wêreldsisteem opgelei word, kruip trots en eer en hoogmoed eerder in, want ons dink dan dit is ons wat so slim is of ons wat so hard geleer het om al hierdie kennis te kry. Dit is beslis nie deur God nie en as ons dit so doen, is ons ook nie betroubaar in God se oë nie. Maar as ons oorgegee is aan God en Hy lei ons op, leer ons, weet ons dit kom net van een Bron af. Tesame met hierdie leer van God, gaan afbreek van onsself ook intree. Ons kan nie onsself bly terwyl God ons leer nie. Ons moet afgebreek word tot totale nederigheid.
Ons moet afhanklik van God raak vir elke stukkie brood wat God vir ons gee - Mannna. Die Israeliete is vir 40 jaar getoets in die woestyn. Wanneer God ons wil leer, word ons in die gees in n woestyn ingelei, alleen en afgesonderd. (God het my geleer ons word na 'n afgeleë eiland geneem) Dit is gewoonlik 'n tyd van seer, 'n tyd waar ons besef dit gaan nie meer oor ons nie, maar oor God. Die meeste mense na aan ons draai hulle rug op ons in hierdie tyd, maar dit gebeur met 'n doel, dit gebeur sodat ons nie afhanklik van ander moet wees nie, maar net van God. Ons moet leer om nie meer aanvaarding by ander te soek nie, maar dit te kry net van God af, want Hy is so baie lief vir ons. Ons het nie aanvaarding van ander af nodig nie. Ons het nie prys van ander af nodig nie, die enigste een wat prys en eer toekom, is God, nie ons nie. Deutr 8:1: "Be careful to obey all the commands I am giving you today." In die woestyn word ons getoets om te sien of ons gehoorsaam sal wees aan God se gebooie.
2: "Remember how the Lord your God led you through the wilderness for these forty years, humbling you and testing you to prove your character and to find out whether of not you would obey his commands"
Die Here dwing ons tot nederigeid in hierdie woestyntydperk en Hy toets ons karakter. Ons moet karakter bou in hierdie tydperk. Die ou mens moet sterf en die nuwe mens moet opstaan met n karakter soos Jesus s'n. Ons sal nooit soos Jesus kan wees nie, maar dit is belangrik dat ons die ou mens aflê en groei na die karakter van Jesus. Want dan sal ons God se gebooie ook nakom.
3: "Yes, he humbled you by letting you go hungry and then feeding you with manna. He did it to teach you that people do not live by bread alone; rather, we live by every word that comes from the mouth of the Lord.
Die Israeliete was baie hardkoppig en hulle wantroue in God het gemaak dat hulle 40 jaar lank in daardie woestyn gesit het. Vir 40 jaar het God hulle geleer en getoets. Jesus was net 40 dae en 40 nagte in die woestyn ingelei waar Hy gevas het. God het Jesus se karakter getoets deurdat satan na Hom gegaan het en Hom probeer versoek het. Maar Jesus was 'n betroubare Kneg van God en het nie geval vir satan se versoekings nie. Al was Hy honger het Hy gesê: Mat4:4: "People do not live by bread alone, but by every word that comes from the mouth of God." Dus het Jesus hierdie leringe van God ontvang in die woestyn, God het vir Jesus manna gegee in die woestyn. Ook het Hy gesê: V7: "...You must not test the Lord your God" en V10: "... You must worship the Lord your God and serve only Him". Reg hierna het Jesus se bediening begin. Dus het God vir Jesus betroubaar gevind en Hom opgeroep tot diens vir dit wat God alreeds neergeskryf het oor Jesus. Jesus se lewensboek oor Sy aardse bestaan was alreeds geskryf en Jesus het gehoor gegee aan God en God se wil uitgevoer sodat alles wat in Sy lewensboek staan, uitgevoer sou word. Wat n wonderlike voorbeeld was Jesus vir ons op aarde. "Ek loof en prys en eer U Naam alleen, die Naam bo alle Name!"
Hebr 5:7: "During His life on earth, Jesus prayed to God, who could save Him from death. He prayed and pleaded with loud crying and tears, and He was heard because of His devotion to God. 8 Although Jesus was the Son of God He learned to be obedient throuhg His sufferings."
So ons sien nou as ons nie gehoor gee aan God nie, gaan ons woestynperiode baie lank wees soos die Israeliete s'n wat 40 jaar was. As ons nie God se gebooie gaan gehooorsaam en betroubaar bevind word in God se oë nie, gaan ons vir 'n baie lang tyd in daardie woestyn wees. Maar as ons soos Jesus gehoorssaam is aan God en aan Sy woord, as ons gehoor gee aan God en fokus om te luister wat Hy vir ons sê en die manna vat wat Hy so graag vir elkeen wil gee, sal ons woestynperiode korter wees. Dit is alles 'n keuse. Dit is elkeen se keuse hoe lank sy woestynperiode gaan wees.. Ons moet ook net besef eers toe Jesus uit die woesyn gekom het, het Hy begin met die wonderwerke, toe het God aan Hom die mag en krag gegee.Eers toe die Israeliete die beloofde land ingegaan het, het hulle hulle seëninge ontvang. Hulle het dit nie sommer maar net gekry nie, want dan sou hulle dalk ondankbaar gewees het en nie God gedank het daarvoor nie. Hulle sou gedink het hulle verdien dit en dat hulle dit kry omdat hulle so oulik is.Net so kan ons nie verwag om die werkinge van die HG te kry die dag wannneer ons sê ons gee nou ons hart en lewe vir Jesus nie. Dit is lang proses.
Wanneer jy jou sondes bely het en dit waarlik voor God se voete neergelê het en n ander pad begin stap, begin God werk in jou. Jy gaan nie sommer daardie eerste dag HG gawes ontvang nie. Jy ontvang dit ook eers wanneer God dit vir jou wil gee. Dit kan nie afgedwing word op 'n mens nie. Ons kan nie die HG gawes afdwing oor onsself of op 'n ander nie, of soos sommige denominasies maak dit afbid oor iemand nie. Dit raak manipulasie, en dus okkulties. En ons mag nie God of HG manipuleer nie. Ons ontvang dit wanneer God besluit die tyd is nou reg dat jy dit mag kry. Wanneer God weet jy sal Hom eer en Hom alleen prys en alle eer aan Hom gee en nie aan jouself nie, sal Hy beluit watter gawes om aan jou te gee. As God dit gaan gee wanneer jou nuwe karakter nog nie ten volle ontwikkel is nie, is die kans so goed dat jy daardie gawes gaan misbruik om eer vir jouself te wen. God weet die beste. Ons moet dit baie mooi besef, God gee eers jou gawes wanneer Hy jou hart en hande rein vind. En dit gebeur nie oornag nie. Dit vat 'n rukkie vir ons om heelteemal skoon te kom. Ons moet almal deur daardie woestynperiode beweeg, ons gaan nie in die beloofde land kan ingaan as ons nie deur die woesyn getrek het nie. Ons gaan nie in die beloofde land kom as God ons nie betroubaar vind en ons in alles aan Hom gehoorsam is nie.Ons gaan nie in diens kan staan vir God as ons nie eers deur die woestyn gegaan, ons ou self afgelê het en Jesus se karakter begin vorm het nie. Jesus was Goddelik, Hy was God se Seun en selfs Hy moes gedoop word en deur die woesytyn trek om beproef en getoets te word. So wie is ons om te dink ons moet net ontvang van God af? Dat ons dadelik net kan begin om vir God te werk? Nee ons kan nie so maak en dink nie, ons het n kruis om te dra en n prys om te betaal.
Ja, Jesus het alreeds die kruis vir ons gedra en Hy het alreeds die prys vir ons betaal, maar ons moet wêreldse dingetjies aflê, ons moet onsself kruisig, ons moet daardie prys betaal in die woestyn waar ons dalk n bietjie swaar gaan kry. Maar weet verseker, daardie swaarkry in die woesyn is n anderste swaarkry, want God help ons daardeur en Hy gee vir ons die krag om daardeur te gaan.





No comments:
Post a Comment