Diensbaar sonder krake

Vervolg op Dienaar tot kneg...

Ons moet diensbaar wees vir God. Dit is n proses om daarby uit te kom, ons kan nie sommer een oggend opstaan en besluit ons gaan nou diensbaar wees vir God nie. Want God self moet ons roep om diensbaar vir Hom te wees (kyk Kneg tot Dienaar). Want ons is eers knegte van God en as God ons betroubaar vind, roep Hy ons op tot diens vir Hom.

In die Gees wys Jesus my dat as iemand uit sy eie besluit om diensbaar te wees, gaan hierdie persoon met krake op die see (in die Gees moet ons op die water kan loop en daar werk ons saam met Jesus om drenkelinge te help of red). Maar hoe kan ons op die water gaan as ons nie heel is nie? As ons nie deur die helingsproses saam met God gestap het en God ons genees het van baie van ons swakhede nie, het ons nog krake. As jy op die water gaan probeer loop met krake, gaan die water in die krake inkloop en gaan jy verdrink. Ons kan nie iemand help as ons nog nie gehelp is nie. Daarom moet ons eers knegte van God wees - in daardie tyd maak God ons heel, Hy maak al die krake reg in ons en op die regte tyd, wanneer God weet die krake is toe, sal God ons roep om te doen wat Hy vir ons bestem het om te doen. Dan word ons dienaars van God.

1 Kor 4:1-2: "So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. 2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.

 

 

No comments:

Post a Comment