Diensbaar sonder verstopte are

Vervolg op krake...

Jesus se bloed moet in die Gees deur ons hele liggaam pomp. Sonder Jesus se bloed kan ons nie diensbaar wees vir Hom nie. En dis mos Sy bloed wat ons genees van binne af. Jesus se bloed moet deur ons hart pomp en deur al ons are. Maar nou....

As ons diensbaar moet wees vir God is een van die goed dat elke aar in ons liggaam oop en diensbaar moet wees, want ons hele liggaam moet in diensbaarheid van God staan. Elke aar in jou wese moet oop wees vir diensbaarheid aan God. (Om vir God deur ons te werk en ons heelteemal te genees, moet al ons are in die gees oopkom)

As daar in die Gees in jou liggaam verstopte are is, is jou hele wese nog nie oop is vir diensbaarheid aan God nie, so Jesus se bloed vloei nog nog nie deur daardie are nie, dis verstop met etterigheid. Dit kan wees goed soos bitterheid, onregverdigheid, onbewustheid, onverantwoordelikheid, onafhanklikheid, ongehoorsaamheid, behep met self, funksioneer nie reg nie - is maar net 'n paar van die redes hoekom ons are verstop raak. En hierdie verstopsels in die are maak ons liggame siek, dit maak ons in die gees siek dat ons nie 100% oop is vir God nie.

Al hierdie verstopsels in die are, moet uit die weg geruim word sodat Jesus se bloed daardeur kan vloei, dan word dit diensbaar, jou hele liggaam moet diensbaar wees, dan staan jy eers in volle diensbaarheid tot God, dan kan die HG eers vrylik deur jou vloei. En hoe meer HG deur ons vloei, hoe meer vrede gaan jy he en hoe meer krag gaan jy ontvang van God af om al jou struikelblokkke te oorkom.

Die enigste ding wat hierdie are van ons kan oopmaak is die liefde van God. Daarom is dit belangrik dat ons baie na aan God leef, dat ons binne-in God se hart leef. God se liefde wat deur ons liggame vloei soos water is die enigste genesing vir ons verstopte are. Vra elke dag vir God om Sy liefde deur jou te laat vloei sodat Sy wonderbaarlike liefde ons are kan oopmaak.

 

No comments:

Post a Comment