God roep jou op van kneg tot dienaar

'n Kneg moet gehoorsaam wees in alles wat hy doen aan sy meester, hy behoort aan sy meester. Hy ontvang heeltyd bevele van sy heer, hy mag nie self besluite neem nie. As die heer dan sien die kneg is gehoorsaam en betroubaar, kan die heer die kneg oproep tot diens.

Die kneg word dan in diens gestel - sy werksarea word nou vergroot. Hy mag nou besluite neem want hy ken sy heer so goed, hy weet wat sy heer van hom of enigiemand verwag; hy weet wat is reg en wat is verkeerd. Hy het nou n groter verantwoordelikheid as die kneg, hy is nou n bedienaar van die Woord.

Jesus was genoem 'n Kneg van God (Jes 42), die beste voorbeeld vir ons nog ooit. Ons moet ook daardie nederigheid he soos Jesus. Hy was Jesus, God se Seun, maar is n Kneg genoem. Wie is ons dan om nie die knie te buig voor God nie. Jesus was gehoorsaam aan God en alles op aarde kom uitvoer soos God Hom beveel het. Hy het Sy wil oorgegee aan God (Matt 26:39: "...My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil). Jesus was gehoorsaam en het selfs ander gedien (selfs hulle voete gewas). Hy was n bedienaar van die Woord van God en gehoorsaam aan God tot op die einde. Wat n wonderlike voorbeeld van n Dienaar vir ons!

Ons moet altyd in alles onderdanig en gehoorsaam wees aan God, ons behoort vir altyd aan God. As God sien ons is gehoorsaam en betroubaar, roep Hy ons op tot diens vir Hom.Gee gehoor! Staan op in diens van die Meester. Dan is jy n bedienaar van die Woord, maar ons bly nogsteeds God se slaaf ook.

Hebr 3:2: "For He (Jesus) was faithful to God, who appointed Him, just as Moses served faithfully when he was entrusted with God's entire house." (Wanneer God ons kom toets, moet ons ook betroubaar gevind word om God se opdrag te gaan uitvoer, soos Moses.) 5 "Moses was a faithful servant in God's household. He told the people what God would say in the future. But Christ is a faithful Son in charge of God's household. We are His household ....

As bedienaars van die Woord kan ons nou besluite neem want God woon nou binne-in ons harte, dis eintlik nogsteed God wat die besluite neem in jou hart. Jy weet nou na watter deel van jou hart jy moet luister om te hoor wat God se wil is. Jy luister na die binnkant. 'n Kneg kan nog nie na binnekant luister nie, hy ontvang nog opdragte van buite. Maar 'n dienaar van God luister na binnekant toe, want hy hoor God se stem binne.

Ons moet fyn luister wanneer God ons oproep vir diens. Ons moenie self in diensbaarheid wil inklim en doen wat ons wil doen of wat ons dink reg is nie. Ons moet wag dat God ons oprig, dat God eers klaar Sy werk in ons verrig en dan sal ons opgeroep word tot diens vir Hom.

As jy jouself gaan probeer oprig vir diensbaarheid, gaan jy dit doen deur die wereldsisteeem, dan gaan jy ook diens doen aan die godsdienstige wereld en nie aan God nie. Of dalk staan jy dan in diens van jouself sodat jy al die eer moet kry en nie God nie. Maar wanneer God jou oprig gaan jy geleer word deur die HG en gaan jy alle eer aan God gee. As God jou self leer, is Hy knus in jou hart en gaan jy na die regte plek in jou hart luister. Jy gaan nie na buite toe luister na allerhande snaakse leringe nie, want dan luister jy nie na God nie. Jy moet na binne luister na wat die HG vir jou wil sê en leer.

1 Kor 4:1: "So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. En verder word die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word."

Die vereiste om as n bedienaar aangestel te word, is BETROUBAARHEID. HG het dit baie duidelik op my hart gedruk. Jy moet op God se weë wandel en reg en geregtigheid onderhou. Ons moet God vra dat Hy SY wee aan ons sal leer soos in: Ps 25:4: "Here, maak my u wee bekend; leer my u paaie" 12 Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies"

In Gen 18:17 se die Here: "Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen...? God het n verbond met Abraham aangegaan en daarom het God verborgenhede aan hom geopenbaar. Maar dis omdat Abraham altyd op God se pad gebly het, Abraham was betroubaar in God se oë. Ps 25:14: "Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak." Net soos Abraham wat op God se weë gewandel het, moet ons ook. Daarom het God aan Abraham verborgenhede geopenbaar, want God het geweet Abraham is betroubaar en dat hy nie dit wat God aan hom openbaar, weer gaan verdraai en anders verkondig nie. God sê in 1 Kor 4:1 dat ons bedienaars moet word van die verborgenhede van God, dus beteken dit dat as God aan ons verborgenhede toevertrou, ons dit weer aan ander moet bedien. Volgens Luk12:42-44 gee God die verantwoordelikheid aan Sy betroubare dienaars om aan die res van Sy diensvolk kos te gee op die regte tyd. Hierdie kos is nie fisies kos nie, dit is Woord en verborgenhede wat van God af kom, dit is die Manna wat God ons gee en wat ons weer aan ander moet gee. So baie al het HG vir my gesê Jesus is ons Woordvoerder. En later het ek eers verstaan dit beteken dat Jesus ons voer met die Woord, Hy gee aan ons Manna waarop ons moet leef, want ons moenie op brood alleen leef nie, maar van elke Woord wat deur die mond van God uitgaan. (Matt 4:4) Maar Jesus gee ook hierdie Manna aan Sy betroubare dienaars sodat die dienaars weer hierdie Manna moet gaan bedien aan die res van die volk. Hulle moet vir die volk kos gee. Luke 12:42: "And the Lord replied, "A faithful, sensible servant is one to whom the master can give the resposibilty of managing his other household servants and feeding them. If the master returns and finds that the servant has done a good job, there will be a reward. I tell you the truth, the master will put that servant in charge of all he owns."

En dan gaan dit nog verder waar Jesus in die Nuwe Testament sê Hy noem ons vriende en op ander plekke ook broers en susters, dit is nog n meer intieme verhouding met God as wat 'n dienaar het. Joh 15:14,15: "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. (weer gehoorsaamheid en betroubaarheid)Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het."

En omdat Jesus dit aan ons bekend gemaak het, moet ons dit weer aan ander bekend maak.

Posted with Blogsy

 

No comments:

Post a Comment